Wynand & Johani

Couple Shoot

Garden Route | George | 26 Desember 2017

Ek het vir Wynand en Johani ‘n jaar gelede ontmoet met hulle eerste couple shoot by my… =) Ons het ‘n see shoot die eerste keer gedoen en het besluit om die keer iets anders te doen. Daar is eintlik soveel opsies om van te kies in die area! Die woud is so spesiaal en as mens so deur die woud stap en die STILTE ervaar, besef mens opnuut hoe groot God ons dien! Die woud se look en feel verander ook drasties saam met die weer en dit is elke keer ‘n verrassing hoe die woud gaan wees. Ek dink ons fotograwe in die Garden Route is so geseend met ‘n groot opsie van verskillende locations op ons voorstoep.

Die couple long distance al vandat hulle ontmoet het en dit is nou na al die jare die eerste keer wat hulle permanent by mekaar gaan wees. ‘n Foto sessie is natuurlik ‘n wonderlike manier om die opgewondenheid te vier – memories for life! Wynand het al die jare in Amerika gewerk en hulle het mekaar maar min gesien. Hulle verhouding en huwelik is verseker ‘n bewys dat waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Geen afstand is te ver as die liefde tussen twee mense so sterk is!

Dit was so lekker en ‘n groot voorreg om julle couple shoot te kon doen! Ek is saam met julle twee super dankbaar dat julle nou permanent by mekaar gaan wees..

Geniet julle foto’tjies!

Makeup: Leané du Preez | leanewp@gmail.com | 082 463 9018

KLIEK HIER OM JOU FOTO SESSIE TE BOEK