Stapelberg Family

Garden Route

Family Shoot | Great Brak River | 28 November 2017 |

WOW die sessie was soooo mooi gewees! Ek was kinderlik opgewonde toe ek sien hoe ongelooflik mooi die wolke en lig is toe dit tyd is om te gaan shoot! =) Ek is mal oor die goue lig van laatmiddag, daar is net iets amazing aan bewolkte weer waar die son stuk-stuk deurkom. Dit was ekstra spesiaal toe ek hoor dat hulle in Mauritius getrou het en die wolke  het PRESIES dieselfde gelyk op hulle trou foto’s. Die keer het die Stapelberg gesin ‘n soortgelyke backdrop, maar met ‘n pragtige blondekop dogtertjie langs hulle! Oupa was ook die dag deel van die shoot gewees. Die oomblikke van hom saam met sy kleinkind is priceless! Daar is min dinge so spesiaal soos ‘n familie foto sessie. Elke jaar lyk kinders anders en mens besef eers hoe gou die tyd verby gaan as jy terugkyk na foto’s.

Desember maande is so spesiale tydperk waar meeste families bymekaar kom en net weer “recharge” na ‘n jaar van jaag en besig wees. Dit is so amazing om in hierdie tydperk kosbare herinneringe vir ‘n leeftyd te kan vasvang vir gesinne.

Geniet julle foto’tjies!

Makeup: Leané du Preez |leanewp@gmail.com | 082 463 90 18

KLIEK HIER OM JOU FAMILIE FOTO SESSIE TE BOEK =)