Sarah Faye – 14 days old

Garden Route Newborn Photographer

Ooooh kyk net hoe klein en fyn is die pragtige newborn dogtertjie! Nicci het vir my ‘n paar foto’s gestuur van wat sy graag sal wil vir hulle familie foto’s en ek het toe besluit om ‘n klein cozy “lifestyle” setup te doen in my natuurlike lig studio. Hoe mooi is die gesin?!  Die gesin het al die pad van Plettenbergbaai af gery om hulle newborn shoot by my te kom doen, dit is sooo spesiaal vir my as kliente so ver ry om by my te kom shoot!

Ek was in ekstase toe ek die baba stoeltjie se kombersie oplig en die kleine, fyne prinsessie le en slaap in haar stoeltjie… Sy is soooo mooi! Ek is mal daaroor om met elke newborn sessie een “unieke” setup te doen wat ek nog nooit gedoen het nie. Ek is mal oor die uitkoms van die stoeltjie en die klein bedlampie setup! =) Daar is vir my iets ongelooflik spesiaals om newborns af te neem. Elke kleintjie is so perfek geskape. As ek hulle so vashou en afneem besef ek elke liewe keer hoe kreatiewe, groot, amazing God ons dien. Hy is ‘n God van detail en elke liewe kleintjie is so uniek geskape.

Sarah Faye {hoe mooi is haar naam!} was stroopsoet gewees en ons het so lekker sessie met haar gehad.

Geniet julle foto’tjies!

KLIEK HIER OM JOU SHOOT TE BOEK