Saayman Maternity Shoot

Garden Route – George

Maternity shoot | Garden Route | 28 Junie 2018 |

“Ek wil weg raak tussen stil oggende en plaas geluide”…

Daar is net iets spesiaals aan ‘n plaas. Ek is ‘n Vrystater en plaaslewe was nog altyd na aan my hart. Ek het as kind amper elke naweek op plase spandeer. Kleilat gooi, skiet, quad bike ry, in modderdamme speel en springhase jag was deel van my naweek aktiwiteite. Die reuk van plaasbeskuit, biltong in hordes, kuiers om ‘n kombuis tafel, perdry, in silos speel, die reuk van reen op ‘n plaas, die geluid van reen op ‘n sinkdak, om agterop ‘n bakkie op die plaas rond te ry: PRICESLESS!  Elke keer as ek op ‘n plaas kom, raak ek sommer nostalgies.

Dit was ‘n suuuuuper lekker maternity sessie op ‘n pragtige plaas net buite George! =) Dit was ‘n yskoue middag, maar die son was stunning en ons het soveel pret tussen die skapies gehad! Baie mense mag dalk met my stry, maaaar ek is seker daarvan dat die skapies persoonlikheid het en hulle het geweeet dat Tarina swanger is. Die skapies het heeltyd aan haar magie kom ruik. Tarina, jy het sooooo mooi gelyk en ek kan nie wag om vir boetie te ontmoet nie!

Geniet julle foto’tjies =)

Makeup en hare: Wilna Allpass