Nina & Maya – Mommy & Me

Ek het al lankal die konsep gehad van ‘n Mommy and Me sessie op ‘n plaas met ‘n kalfie. Ek was soooo opgewonde toe ons Nina en Maya se sessie op die plaas begin reel het. Mooiste plaas, cute 1 jarige, blommekransies en ‘n pragtige mamma –> WENRESEP! Dit het die hele week gereen {goed vir die plase, maar nie ideaal vir ‘n fotograaf nie} maar die weer het ons darm ‘n kansie gegee om te kan shoot!

Die Garden Route bly maar vir my een van die mooiste dele van Suid-Afrika. Ons het verseker best of all worlds hier… see, bos, woud, rural, urban en net oor die berg is die Karoo. Die is verseker enige fotograaf se droom Provinsie!

Liewe Nina, mag Maya vir julle as gesin nog soveel vreugde bring. Sy is ‘n bondeltjie vreugde en dit is sooooo lekker om haar te sien groot raak. Ek onthou nog hoe opgewonde was ek met julle maternity shoot – ek kon nie wag om te sien hoe julle newborn gaan lyk nie. Vandag is Maya al amper 1 jaartjies oud, die tyd gaan heeltemal te gou verby. Sy word net ouliker by die dag en daai laggie van haar is alklaar aansteeklik.

Geniet julle foto’tjies sommer baie <3

Makeup: Leané du Preez Professional Makeup Artist