Lamprecht Family Shoot

Garden Route – Mosselbay

Family shoot | Garden Route | Mosselbay |George

Ek is super passievol oor familie shoots. Ek dink daar is baie dinge waarop mens geld kan spaar, maar om eenkeer ‘n jaar ‘n foto sessie te doen as gesin/familie is ‘n moet. Foto’s vang ‘n oomblik vas wat mens vir altyd kan koester. Tyd gaan so gou verby en mens sien dit so gou by kleintjies raak. Voor mens jou oe uitvee is die kids uit hulle doeke. As jy weer kyk is hulle in die skool. Dit is so kosbaar om elke jaar te kan sien hoe jou kids groot geword het EN om kosbare foto’s as gesin saam te he. Tyd is net vir ons geleen en mens weet nooit wat die dag van more in hou nie.

Ek hoor dit so baie waar mense vir my se “Ek moet net eers gewig verloor” of “ek is nie fotogenies nie”… Ek dink nie daar gaan ooit ‘n tyd in mens se lewe wees waar mens regtig 100% “tevrede” met menself sal wees nie. Niemand gaan eendag terug kyk na foto’s en die negatiewe raaksien nie – dit gaan slegs kosbare memories wees.

Kleredrag, makeup, hare en LOCATION speel so groot rol in ‘n foto sessie.. Die Lamprecht gesin het soveel moeite gedoen en hulle sessie was sooo mooi gewees!

Ek het elke oomblik van die Lamprecht gesin se shoot sooo geniet. Hulle is so ‘n fun en energieke gesin en ons het soveel pret op die strand gehad…Dankie dat julle my gevra het om julle familie foto’s te neem, dit was sooo lekker gewees! =)

Geniet julle foto’tjies =)