Jansen Family Shoot

Garden Route

Family shoot | Garden Route | 22 November 2017 |

Die sessie was so na aan my hart – ek LOVE die plaas lewe! Ek is ‘n Vrystater {gebore in Bloemfontein} en elke naweek in my kinderjare was omtrent op ‘n plaas spandeer. Ek is mal oor die Garden Route met soveel locations om van te kies! Die gesin wou ‘n regte plaas tema doen en kyk net hoe mooi het dit uitgekom! =)

Ons het so lekker op die plaas foto’s geneem – van ou deure, skure, hooibale tot tussen die beeste… =) Die plase is prentjiemooi, ek wens ek kon die “groter” prentjie ook vasvang het. Dalk eendag sal ek sulke shots kan insit {ek is besig om te spaar vir ‘n Drone!}. Dit was yskoud gewees, maar niks het ons gekeer om steeds ‘n awesome sessie te he nie! Bewolkte weer skep weer sy eie “mooi” en maak nie saak wat die weer doen nie, mens werk rondom dit en maak die beste daarvan.

Dit was so lekker gewees om julle te kon afneem! Julle is ‘n pragtige gesin en dit was ‘n voorreg om kosbare herinneringe vir julle te kon vasle

Geniet julle foto’tjies =)

Makeup: Leané du Preez