Hanekom family – Garden Route Photography

Hoe mooi is die family shoot by die see?! Ek sal nooit moeg raak vir die pragtige Garden Route en sy mooi natuurskoon nie! Dit is amazing dat elke keer as jy by die strand kom, lyk dit anders daar… Die lig is dalk anders, dit is hoogwater en jy sien minder rotse, of laagwater en al die rotse steek uit. Ek is self altyd opgewonde om te sien wat dieselfde strand vir my bied.

Ek ken vir Corné al van skool af en was sooooo opgewonde toe sy my kontak vir ‘n familie shoot. Ons het mekaar omtrent 13 jaar gelede laas gesien. Corné is intussen getroud en hulle is so geseen met die pragtige seuntjie! Hulle seuntjie was so vriendelik en het die see gate uit geniet!

Ek het elke oomblik van die sessie so baie geniet! Dit was lekker om sommer net fun te kon he op die strand. Julle is sulke gemaklike en amazing ouers en was ‘n fees om julle voor die lens te kon  he! Dit is altyd lekker as mens ‘n familie kry wat bereid is om enige iets te doen vir ‘n goeie foto. Julle liefde vir mekaar straal en mag Jesus julle as gesin ryklik seen! Ek hoop om julle sommer gou weer voor my lens te sien!

Makeup: Leane Du Preez, haar makeup het AMAZING gelyk! Kliek gerus op die link om meer van die makeup artist se werk te sien!