Haasbroek family – Garden Route Photography

Ek is TOTAAL en al MAL oor die family shoot van die Haasbroek gesin!

“Any home can be a castle when the king and queen are in love…” –> En dit is PRESIES wat julle twee is na 6 jaar van getroude lewe… <3

Leani Haasbroek en Pierre Haasbroek het 6 jaar gelede by Bygracealone Venue net buite George getrou en wou van voor af hulle huweliksdag herleef. Die keer met hulle 2 pragtige kindertjies saam met hulle.

Dit het heeltyd gevoel of ons in ‘n sprokieswereld is. Die venue is ongelooflik mooi en dit is nie elke dag wat ‘n mens die geleentheid kry om by so mooi plek te shoot nie.

Leani en Pierre, ek het elke oomblik van die sessie so baie geniet! Julle kids is suuuuper oulik en ek het dit so geniet om hulle ook beter te leer ken. Dit was ‘n yskoue dag en ten spyte van die yskoue wind wat gewaai het, het die kids die sessie so geniet! Jou kids het soos ‘n regte prins en prinses gelyk!

Julle is ‘n pragtige gesin van binne en buite en dit was ‘n voorreg om die spesiale family shoot te kon doen! =)

Geniet julle foto’tjies <3

Makeup: Wilna Allpass