Franco & Lizelle Wedding – Garden Route, Riversdale

GARDEN ROUTE WEDDING | RIVERSDALE

Wat ‘n groot voorreg om Franco & Lizelle se troue te kon afneem. Dit was op ‘n plaas net buite Riversdale, Kweekkraal Guest Farm. Hulle het op 29 September 2018 vir ewig trou aan mekaar beloof en dit was ‘n groot blessing om deel van hulle dag te kon wees! Lizelle, jy het pragtig gelyk en dankie dat ek die dag saam met julle kon vier – ek het elke oomblik so geniet!

Dit was lekker gewees om te sien dat julle elke oomblik van die dag saam geniet het. Dit was so ‘n ontspanne atmosfeer en ek het omtrent fun gehad saam met julle!

As fotograaf is dit so spesiaal om die hele dag deel te kan wees van al die aktiwiteite… Ek het die voorreg om alles van die bruidegom en bruid se kant af te beleef.  Dit is lekker om die manne  te kon afneem en al die stories te hoor wat gepraat word, die grappies en dan ook ‘n bietjie stress van die bruidegom se kant af. Die bruidegom was so oulik gewees en het vir sy best men elkeen een van die nuwe Buffelsfontein Brandewyn bottels gegee met oulike sokkies en ‘n badge.

By die die girls was dit ‘n gelag, sjampagne wat gedrink word, makeup, hare en geselsies oor alles en oor niks. Lizelle het weer soveel moeite gedoen met haar strooimeisies. Hulle al drie se hare en makeup is gedoen en hulle het eenderse kamerjassies gehad waarin hulle kon regmaak.

Franco & Lizelle, baie dankie dat ek julle spesiaalste dag kon afneem – dit is soooo groot eer dat julle my gevra het!

Geniet julle voorsmakie!

Liefde

Chané

Suppliers:

Venue: Kweekkraal Guest Farm

Makeup van bruid en strooimeisies: Anke Human Pro Beauty

Hare: Shirley’s Hair Shack

Suit: Amigos

Bruid se rok: Bridal Inn

Decor & blomme: Kweekkraal Guest Farm

Stationary: PortKey Solutions

Assistent & 2nd shooter: Leané du Preez