Fouche Family Shoot

Garden Route

Garden Route Family Photographer | 19 Desember 2017

Hoe mooi is die familie?! Ek ken vir Janine van hoërskool dae waar ons saam in Oranje Meisieskool in Bloemfontein was. Soos wat die lewe aangaan verloor mens maar bietjie kontak. Dit was sooooo lekker gewees toe ek na al die jare ‘n boodskap van haar kry om ‘n familie  sessie te boek! Ek was uit my vel uit opgewonde om haar en haar gesin na al die jare weer te sien! Dit is eintlik scary om te sien hoe vinnig die tyd verby gaan. Ek besef sommer net weer dat mens elke dag moet koester!

Desember is ‘n baie besige maand vir my en ek het sunrise en sunset shoots gedoen. Die Fouche gesin was een van my sunrise shoots gewees. Die lig is sooooo mooi goud vroegoggend en dit is eintlik iets wat mens meer moet beleef! Ons moes soooo vroeg opstaan om betyds te wees vir die sonopkoms. Die Fouche gesin het al die pad van Oudtshoorn so vroeg gery =) Dit was ‘n YSKOUE oggend {13 grade in die middel van die somer}. Ons het gevries en was defnitief nie reg vir die verrassing van so koue oggend nie.

Die vroeg opstaan en die koue was totaal en al die moeite werd gewees, want die lig was WOW daardie oggend! Dit maak my so excited as die son so erg goud is – dit skep net ‘n ongelooflike mooi gevoel op foto’s!

Geniet julle foto’tjies <3