Fashion Girls

Toddler Shoot | Garden Route |16 November 2017 |

“One is never over-dressed or underdressed with a little black dress…” Ek het ‘n ONGELOOOOFLIKE lekker sessie met die pragtige twee dogtertjies gehad! Ons het ‘n “Audrey Hepburn” inspired tema gedoen en die twee girls het dit absoluut GELOVE! Ek dink amper ek het die shoot meer geniet as almal.

Die ouderdom dogtertjies is ‘n fees om af te neem. Hulle het al soveel persoonlikheid en hulle verbeelding slaan mens stom. Ek het so gelag in die sessie vir al hulle sê-goed.

Kinders is so na aan my hart en dit gee soveel vreugde om hulle af te neem. Ja dit is verseker nie altyd maklik nie – die “terrible two’s”, “freaking fours” en al daai dinge is defnitief ‘n realiteit =) As mens kinders verstaan weet jy dat dit alles net ‘n fase is en as hulle eers ouer is, mis mens eintlik daardie kleintyd dinge! Die mamma’s wat dink dat julle kinders te woelig is vir foto’s – ek het al gewens ek het ‘n gopro of behind the scene videos kon neem om te wys wat gaan in ‘n toddler shoot in – maar dit is altyd die moeite werd. Die eindrestultaat is stunning! =) Meeste Toddlers LOVE dit om te redeneer, om hulle opinie te gee en wil net eers bietjie wys dat hulle ook ‘n sê het voor hulle saam begin werk – dit is alles normaal vir my =)

“I don’t dress up for boys. I dress up to stare at my reflection as I walk by store windows…”

Geniet julle foto’tjies =)