Asfar Maternity

Ek is totaal en al mal oor maternity shoots! Hoe spesiaal is dit om ‘n gesin se opwinding van nuwe lewe wat oppad is te kan afneem! =) Dit is so groot voorreg en wonderwerk om swanger te kan wees! As fotograaf is die tipe sessies een van my gunsteling.   Aleasha het alreeds 3 seuntjies en sy was sooo opgewonde toe sy hoor dat haar 4de een ‘n dogtertjie is! =)

Ons het op ‘n strand sessie met ‘n baie mooi lang sagte pienk rok besluit! Hoe meer moeite mens doen met location, klere, makeup en hare, hoe mooier kom die foto’s uit. Professionele makeup en hare skep net daardie ekstra WOW faktor in foto’s! ‘n Mens neem nie elke dag foto’s nie, so wanneer ‘n sessie geboek word, is dit defnitief die moeite werd om “all out” te gaan!

Golden hour is verseker my gunsteling tyd van die dag en die weer het perfek saam gespeel met die mooiste goue lig! Om daardie goue lig in die Garden Route te kry is nie vanselfsprekend nie en ek is elke keer dankbaar as ons wel daardie goue lig in die middae kry!  Die strande in die Garden Route is vir my so spesiaal – en elke strand het sy eie uniekheid en mooi! Die gety speel natuurlik ook ‘n groot rol in hoe die strand op ‘n spesifieke dag lyk – so dit is baie keer vir my ook ‘n verrassing hoe dieselfde strand elke keer anders lyk!

Dit was so groot voorreg om die spesiale tydperk in die Asfar familie se lewens af te neem. Ek weet sommer dat julle dogtertjie super baie bederf gaan word deur al die manne in die gesin =)