Alex word 1: Smash the Cake & Bubble Bath

Smash the Cake sessies is soooooo cute en defnitief die moeite werd om op te spandeer. Baie mense sal vra wat is die nut daarvan om ‘n koek te bestel net sodat die 1jarige dit smash. Van my kant af dink ek dat mens na die breëer prentjie moet kyk. Wanneer gaan jy ooit weer sulke cute foto’s kan neem van jou kleintjie wat hom/haar totaal en al vergryp aan koek wat hy/sy mee kan doen wat hulle wil. Dit is ‘n eenkeer in ‘n leeftyd geleentheid. Foto’s is op die einde van die dag al wat mens oor het van die kleine lyfies. Die van julle wat kinders het sal saamstem dat hulle heeltemal te gou groot word en elke oomblik wat mens kan vasvang is verseker die moeite werd!

Ek sien foto’s glad nie as ‘n uitgawe nie, maar eerder as ‘n belegging in jou memory box. Iets wat jy, jou kind en jou kind se kind gaan treasure vir altyd. Hoe onthou mens geleeenthede? Gewoonlik deur na jou foto’s te kyk. Foto’s bring vreugde, hartseer, nostalgie en ‘n lekker trip down memory lane na vore.

Ek het die kleine lyfie se smash the cake so baie geniet. Hy was mal oor sy koek en het homself omtrent vergryp aan die lekker soetigheid vroeg in die oggend. Defnitief iets wat meeste mammas nie sommer sal toelaat nie hehe. Ons het Alex se sessie afgesluit met ‘n lekker warm bubble bath in my natural light studio.

Geniet julle kosbare herinneringe!