[box]
Die mooie klein newborn prinsessie het met ‘n bos hare in die wêreld gekom! Hoe cute is die donkerkop dogtertjie?! Ek was so bevoorreg om Nina en Terence se maternity shoot tussen die canola blommetjies te doen. Volg gerus die link en gaan loer hoe mooi swanger mamma was Nina! =) Ons het soveel pret gehad op hulle plaas en die bottergeel blommetjies is ‘n belewenis om te sien. Dit is eie aan die Wes-Kaap en blom slegs eenkeer ‘n jaar.
Ek was kinderlik opgewonde om vir Maia te ontmoet! Wat ‘n unieke en pragtige naam… Sy was stroopsoet gedurende haar sessie en het omtrent nie eers wakker geword nie! My studio is geleë in George, in die hartjie van die Garden Route. Ek is ongelooflik passievol oor my werk, en veral newborn fotografie! Daar is net iets ongeloofliks daaraan om die kleine lyfies af te neem. Dit is natuurlik harde werk maar om die eindresultaat te sien is altyd die grootste beloning!
Newborn safety is vir my uiters belangrik. Ek is deel van INPA {International Newborn Photography Association} en sal altyd seker maak dat:
[/box]
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]