Juahan – 12 daggies oud

Garden Route Newborn Photography

Dit was soooo lekker om die pragtige seuntjie se newborn shoot op ‘n plaas in Riversdal te kon doen. Ek ken vir Leandri al ‘n hele paar jaar. Ons was saam op skool en toe heel toevallig in dieselfde koshuis op Stellenbosch Universiteit. Die dag toe Leandri my kontak en se dat hulle swanger is en dat hulle graag ‘n maternity en newborn shoot by my wil boek was ek uit my vel uit opgewonde! Dit is soooo amazing om iemand so lank te ken en deel te kan wees van al die mylpale!

Ek het my rit Riversdal toe so geniet. Die Garden Route is darm maar net pragtig. Niks so lekker soos ‘n take away koffie en Afrikaanse musiek vir ‘n roadtrip! Alhoewel Riversdal nie baie ver van George af is nie, het ek die uitstappie sommer as ‘n roadtrip beskou. Ek het die mooiste plase gesien oppad na die Streicher se plaas en moes ‘n paar keer eers stop vir foto’s… {jy was nie op ‘n plek as jy nie ‘n selfie geneem het nie hehe} =)

Ek en Leandri het besluit om hulle newborn shoot bietjie anders te doen. Ons het ‘n kombinasie gemaak van my studio shoot {posed foto’tjies} en dan ‘n lifestyle shoot. Dit het so goed gewerk en ek is mal oor die eindresultate… Best of both worlds! Ek het van my props in my studio saamgery Riversdal toe en ‘n eenvoudige  setup gedoen in hulle huis. Dit was SO lekker om die kleine lyfie af te kon neem! Na die posed foto’tjies het ons begin met die lifestyle shoot in Juahan se kamer. Sy kamer is beautiful gemaak. Ek is mal oor die grys en wit kombinasie en hier en daar ‘n skapie! =)

Geniet julle foto’tjies!

–> View Full post