Emile – 6 days old

Garden Route Newborn Photographer

Ek is so bevoorreg om die gesin se maternity en paar maande later die newborn shoot van kleine Emile te kon doen!

Ek is saam met elke mamma so opgewonde vir die koms van hulle kleinding. Dit is so groot blessing om swanger te kan wees. Die opwinding van nuwe lewe wat oppad is! Dit is so spesiale tydperk van wag… wag vir die eerste sonar, wag om die eerste hartkloppie te hoor, wag om te hoor wat die geslag is, wag om die eerste skop te voel en dan uiteindelik vir baba te ontmoet.

Ek en Andrea het besluit dat ons Emile se newborn shoot bietjie gaan aanpas van wat my gewone pakkette se. Ons het ‘n lifestyle shoot gekombineer met ‘n studio shoot in die gemak van hulle eie huis. Ek het my “Studio” basies opgepak en na hulle huis toe geneem en daar die nodigste opgeslaan. Die belangrikste van so sessie is genoeg NATUURLIKE lig in die kamer aangesien ek nie met flash newborns afneem nie.

Kleine Emile was stroopsoet gedurende sy sessie en ek kon soooo lekker pop speel en hom in al my oulike props sit…

Andrea, dankie dat ek deel van julle gesin se journey kan wees en kosbare oomblikke vir altyd vir julle kan vasvang! Ek geniet elke mylpaal saam met julle!

Makeup & hare:

Wilna Allpass

–> View Full post