Bernadette – 12 days old

Garden Route Newborn Photographer

Die eerste dag toe ek gehoor het dat Chantelle & Brian swanger is was ek uit my vel uit opgewonde! Hulle het dadelik gese dat hulle by my hulle maternity & newborn sessie wil boek! Ek het van die begin af geweet dat hulle amazing ouers gaan wees!

Ek kom al ‘n lang pad saam met Chantelle. Dit was so groot voorreg om deel te kon wees van hulle eerste groot mylpaal as getroude paartjie: SWANGERSKAP!

Dit was so groot blessing om hulle maternity shoot en op 12 daggies kleine Bernadette se newborn sessie te kon doen. Ek is sooo bevoorreg om ‘n Garden Route Newborn Photographer te wees. Ek is wel oop vir travel na enige provinsie – geen plek is te ver vir my nie!

Dit is altyd vir my so kosbaar om te weet wat ‘n naam beteken. Daar is altyd ‘n rede hoekom mamma en pappa ‘n naampie gekies het. Bernadette se naam beteken “Brave as a Bear” – hoe kosbaar is dit! Mag sy veral as sy groter is die betekenis agter haar naam onthou en saam met Jesus die battles van die liefde veg!

Chantelle en Brian, dankie dat julle my vertrou het met Bernadette se shoot. Ek het elke oomblik daarvan sooooo baie geniet! Sy was sooooo oulik gewees en verseker ‘n droom om af te neem. Daar is min dinge so spesiaal soos om daardie kleine newborn lyfies vas te hou, te cuddle en af te neem. Ek dink verseker ek het die beste werk in die wereld!

Mag sy vir julle hope vreugde bring in die jaar en jare wat voorle! Geniet julle foto’tjies =)

–> View Full post