Wern & Tash

Maternity Shoot

Garden Route – Wilderness

Ek is absoluut verlief op die maternity shoot! =) Ek en Tash het saam beplan aan die shoot en ons wou bietjie iets “anders” doen vir hulle maternity shoot. Al die komponente van die shoot het so mooi bymekaar gekom en ons het omtrent pret gehad op die foto sessie! Die ou bootjie met die pragtige blomme het sprokiesmooi gelyk! =)

ALLES van die sessie was sooo mooi gewees, dit het omtrent vir my gevoel of ons in ‘n ander land soos Venice of Bali is tydens die foto sessie! Kleredrag, makeup en hare speel so groot rol om die foto’s ekstra WOW te maak en Tash het verseker soveel moeite gedoen daarmee!

Wern & Tash, julle is ‘n amazing couple en ek weet sommer dat julle die ongelooflikste ouers gaan wees… Ek is saam met julle opgewonde vir die nuwe seisoen in julle lewe!

Dit was ‘n voorreg gewees om julle maternity shoot te kon doen en ek kan nie wag om vir sussie te ontmoet nie!

Geniet julle foto’tjies!

Makeup en hare: Leané du Preez | leanewp@gmail.com

Blomme: Sandra van Lilly and Lime