Truter Maternity Shoot

Garden Route – Oudtshoorn

Maternity shoot | Garden Route | Oudtshoorn | 10 September 2018 |

“A great adventure is about to begin”…

OOOOH hoe mooi is die PRAGTIGE pienk bloeisels!!! Ek LOVE LOVE die tyd van die jaar! Dit is verseker die MOOISTE MOOI as die pragtige fyn blommetjies uitkom na alles so dood was in die winter. Dit was ‘n suuuuuper lekker maternity sessie op ‘n pragtige plaas net voor Oudtshoorn! =) Alhoewel dit ‘n yskoue middag was, het ons steeds soveel fun gehad en kon ons pragtige oomblikke vasvang. Die lig het met tye GOUDGEEL deur die bloeisels gekom wat natuurlik die stunningste foto’s gemaak het!

Mens besef net weer van voor af hoe amazing God is as mens so tussen die bloeisels is. Alles wat paar maande gelede dood was, het weer nuwe lewe gekry! Anmarie Truter, jy het stunning gelyk en dit was soooo lekker gewees om julle maternity shoot vir julle te doen!

Geniet julle foto’tjies =)

Makeup en hare: Wilna Allpass

Kliek hier om jou foto sessie te boek