Terry & Karin Wedding – Garden Route

Wedding: 28 Oktober 2017:

Wat ‘n groot voorreg om Terry & Karin se troue te kon afneem by die pragtige Down to Earth venue in Heroldsbaai. Hulle het op 28 Oktober 2017 vir ewig trou aan mekaar beloof in die hartjie van die Garden Route. Julle was ‘n awesome klomp mensie. Dit was lekker gewees om te sien dat julle elke oomblik van die dag saam geniet het. Dit was so ‘n ontspanne atmosfeer en ek het omtrent fun gehad saam met julle!

As fotograaf is dit so spesiaal om die hele dag deel te kan wees van al die aktiwiteite… Ek sien elke liewe detail van die troue en beleef saam al die emosies van die dag – hoe kosbaar is dit! Dit is lekker om die manne  te kon afneem en al die stories te hoor wat gepraat word, die grappies en dan ook ‘n bietjie stress van die bruidegom se kant af. By die die girls was dit ‘n gelag, sjampagne wat gedrink word, makeup, hare en geselsies oor alles en oor niks.

Die aand met die seremonie was daar ‘n lekker verrassing gewees. ‘n Fire show gevolg met ‘n roomys karavaan buite die venue waar die gaste draairoomys kon gaan kry het!

Terry & Karin, baie dankie dat ek julle spesiale dag kon afneem, dit was so lekker gewees! Karin, jy het STUNNING gelyk! Mag julle liefde vir mekaar altyd so sterk bly en julle super baie geseen word in julle huwelik!

Geniet julle voorsmakie!

Liefde

Chané

Suppliers: Down to Earth Venue {Kd Fourie}

Makeup van bruid en bridesmaids: Maryke Fourie van MF Makeup Artistry

Hare van bruid en bridesmaids: Nanette Louw van Illa Hair Salon

Decor & blomme: Potpourri Functions

Assistent & 2nd shooter: Marco Nel