Garden Route Newborn Photographer

Philip

 

Pretoria East Newborn Photographer | Pretoria Newborn Photographer | Pretoria Photographer | Gauteng Newborn Photographer | Garden Route Newborn Photographer

Ontmoet vir pragtige Philip. Is hy nie die cuteste newborn nie?! Ek het sy sessie so baie geniet en dit is so ‘n groot voorreg om die kleine lyfies te kan afneem! Philip is op 10 daggies vanaf geboorte afgeneem en hy het omtrent dwarsdeur sy hele sessie geslaap.

Newborn foto’s is ‘n lang proses en die baba’tjies le verseker nie net so stil soos wat dit op die foto’s lyk nie. Dit vat baie lank om hulle perfek te wrap, pose, neer te le en te kyk dat hulle rustig is voor ek die foto neem. Alhoewel dit ‘n lang proses is, is newborn shoots een van my gunsteling en die eindresultaat is altyd so amazing! Ek dink newborn foto’tjies is een van die kosbaarste “once in a lifetime” herinneringe wat daar is!

Geniet julle foto’tjies!

Die babatjies se veiligheid is vir my uiters belangrik. Ek is deel van INPA {International Newborn Photography Association} en sal altyd seker maak dat:

  1. Die studio is lekker verhit
  2. Ek los nooit die baba alleen in ‘n prop
  3. Die props waarin ek die baba’tjies sit is veilig {dit kan nie omtuimel of breek nie}
  4. Die baba le gemaklik
  5. Ek forseer nie die babatjie in enige pose nie. Elke baba is uniek en ek kyk waarmee die newborn gemaklik is en pas daarby aan.

–> Kliek gerus hier om jou newborn sessie te boek.