Philip & Michelle Maternity

Pretoria

Maternity shoot | Pretoria | 11 November 2017 |

Wat ‘n ONGELOOFLIKE lekker maternity sessie met die pragtige amper mamma en pappa op ‘n beautiful venue buite Pretoria! =)

Dit was defnitief een van my gunsteling sessies ooit gewees! Dit was amazing om so tussen die olifante te kon loop. Ja ons was maar stuk-stuk bang, hulle is HUGE! ‘n Mens besef net weer hoe groot, amazing en kreatief ons Skepper is as mens so in die natuur en tussen sulke ongelooflike diere is!

Ek en Michelle was saam op hoërskool gewees en het mekaar 13 jaar laas gesien! Dit was so lekker om jou na al die jare weer te kon sien! Dit was ‘n groot voorreg om julle maternity shoot te kon doen.

Ek het elke liewe oomblik so baie geniet en lanklaas so baie gelag soos tydens ons safari trip! Alles van die sessie was so mooi! Die venue, die swanger mamma, haar makeup, hare, juwele en haar rok was WOW gewees! Elke liewe detail van ‘n sessie dra by om op die ou einde die WOW faktor in foto’s te kry! Hoe meer moeite daar in ‘n sessie gedoen word, hoe mooier kom die foto’s! Ek stel altyd voor om “all out” te gaan met ‘n shoot. ‘n Mens neem nie elke dag professionele foto’s nie, so as jy doen, is dit verseker die moeite werd om alles daarin te sit

Ek kan nie wag om vir Isabella te ontmoet nie!

 Rok: Silver Swallow Design Makeup:

Makeup By Meruschka Brouwer

Hare: Nadine Dicks van Dezigna Hair

Blommekransie: Royal Flowers & Functions

Venue Glen Afric Country Lodge

Assistent: Marco Nel

Geniet julle foto’tjies =)