Nian Newborn

Garden Route Photographer | Pretoria East Newborn Photographer

 

Pretoria East Newborn Photographer | Pretoria Newborn Photographer | Pretoria Photographer | 

Gauteng Newborn Photographer | Garden Route Newborn Photographer

Hoe cute newborn is Nian?! Defnitief CUTENESS overload! Ek het die voorreg gehad om Nanette & Ian se maternity shoot ‘n paar maande gelede in die Garden Route te kon doen. Ons het ‘n location gekies wat nie algemeen in die area is nie. Dit was omtrent ‘n mission om op die plaas te kom, maar enige iets vir mooi foto’tjies! Dit is altyd so lekker om ‘n pad te stap met ‘n couple. Die opgewondenheid om saam te wag vir die babatjie se koms is so amazing gevoel! Ek kan elke dag net dankie se dat ek my passie kan uitleef!

Nian se sessie was ‘n breeze gewees! Hy was stroopsoet en het omtrent deur sy hele sessie geslapies. Elke newborn is so uniek. Ek besef net elke keer hoe groot God ons dien wat elke mens so perfek gemaak het.

Newborn sessies is een van my gunsteling tipe shoots. Dit het wel sy uitdagings, maar die eindresultaat maak elke liewe shoot die moeite werd. Dit is so amazing om met daardie kleine lyfies {gewoonlik binne 12 daggies vanaf geboorte} te kan werk. Newborn Safety is natuurlik vir my uiters belangrik en ek sal altyd seker maak dat die baba se veiligheid eerste kom. Ek doen geen poses of sit die baba’tjies in geen prop wat potensieel kan omval of breek nie.

Nanette & Ian, dankie vir die voorreg om julle kosbaarste besitting te kon afneem. Ek het elke oomblik van sy sessie so baie geniet!

Geniet julle foto’tjies!