Moolman Sisters Lifestyle Shoot

Sisters Lifestyle shoot | Garden Route | George

Wat ‘n SUPER fun sessie met die pragtige twee sussies… <3 Ek ken die gesin al vir amper 4 jaar en dit is soooo groot blessing om so lang pad te kan stap met ‘n gesin en soveel kosbare memories vas te vang…! Dit voel soos gister wat ek Emily se 6 maande sitter shoot gedoen het en kyk net hoe groot is sy nou al.. =) Ek is so bevoorreg om al VELE shoots vir die gesin te kon doen.

Lifestyle sessies is soveel pret want die kids is in die gemak van hulle eie huis. Dit is ‘n meer “relaxed” tipe shoot. Mens kry soveel meer spontane en natuurlik foto’s! Die belangrikste faktor vir ‘n goeie lifestyle sessie is egter ‘n vertrek / vertrekke met genoeg natuurlike lig om in te werk… Die huis was perfek, want daar was groot skuifdeure en groot vensters – enige natural light fotograaf se droom!

Ek en Rene het omtrent lekker gelag tydens die sessie. Die kinders wou niks weet daarvan om die komkommers op hulle oe te sit nie. Emily het gekla en gese die komkommers is te koud. Dit het ons gekos om die komkommers in die mikrogolf te gaan warm maak sodat dit die regte temperatuur vir haar is =) Dit het omtrent onderhandeling gekos vir ons om dit te kon regkry, maar was totally worth it gewees!

Geniet julle foto’tjies =)

Kliek hier om jou foto sessie te boek:

https://laanephotography.co.za/bookings/