Martino & Ruth Maternity Shoot

Garden Route

Die maternity shoot is verseker een van my gunsteling sessies! Die dag toe ek en Ruth die location gereel het, het ek alkaar geweet dat DIE sessie iets spesiaals gaan wees! Ruth se skoonouers het ‘n plaas in die Karoo en ek was so bevoorreg om op hulle plaas te kon foto’s neem. Ek is gebore in die Vrystaat {Bloemfontein}, so vlaktes lê my na aan die hart en is vir my beautiful!

Martino & Ruth is beide veeartse in George en grooooot diere liefhebbers. Hulle 4poot kinders het saam gekom en dit was so kosbaar om hulle ook deel van die shoot te kon hê!

Alles van die sessie was net beautiful… Ek was in my element om tussen die diere te kon shoot – cuteness overload! Ons het oppad na ons volgende location ‘n vinnige pitstop gemaak en eers in die grondpad geshoot waar die son GOUDGEEL geskyn het… Dit was GOLDEN HOUR op sy beste! Daar is ‘n se-ding: “Die lewe begin waar die teerpad ophou..” en ek wil 100% saam met dit stem. Daar is ‘n mooiheid aan die Karoo wat mens vir niemand kan beskryf nie. Die rooi grond, die vlaktes, die berge, die rustigheid… dit is asof mens weer rus vir jou siel kry en God se skepping net weer van voor af waardeer. Daardie plaas is verseker ‘n stukkie goud met sy prag natuurtonele! =)

Dit was so groot voorreg om julle maternity shoot te kon doen. Julle is ‘n awesome couple en ek weet sommer julle gaan amazing ouers wee! Ek is BAIE opgewonde om julle bondeltjie liefde oor ‘n paar wekies te ontmoet!

Geniet julle foto’tjies!

Makeup en hare: Wilna Allpass