Leani, Arielle & Ruben – Mommy and Me shoot

Leani se Mommy and Me shoot booking het baie random gebeur. Ja mens ontmoet soms die awesomeste mense op die mees onverwagte tye! Ek het vir Leani ontmoet in my koffieshop wat ek in George in die Garden Route het. Sy het een keer ‘n week in die oggend Bybelstudie saam met vriendinne daar gedoen. Ek het mettertyd met haar begin gesels en sommer gou gesien dit gaan ‘n vriendin raak!

Leani het gese sy soek ‘n Mommy and Me shoot maar nie op ‘n plek waar ek alreeds geneem het nie {uitdaging!}. Na vele opsies het ons op Mosselbaai se punt besluit. WOW, daar is darm net iets besonders aan daardie klein dorpie.  Mosselbaai het ook Dorp van die jaar gewen. Die nou straatjies, klein winkeltjies, cute koffieshops, hawe, punt, ligtoring en net die hele “vibe” van die dorpie is awesome vir my! Mosselbaai is al vir baie jare na aan my hart. Ons het toe ek nog in die laerskool was in die Garden Route begin vakansie hou. Na 15 jaar bly ek nou permanent hier en dit is absoluut ‘n blessing!

Leani, dankie dat ek julle shoot kon doen. Ek het elke oomblik van die shoot so baie geniet en dit was ongelooflik lekker om jou kids te kon ontmoet. Ek LOVE jou kids, hulle het die mooiste persoonlikheid! Mag hulle vir jou en Pierre soveel vreugde bring in die jaar en jare wat voorle!

Geniet jou foto’tjies!