Lana – 11 days old

Garden Route Newborn Photographer

Hoe kan mens newborn shoots werk noem as mens met die cute, kleine lyfies werk?! Ek is totaal en al mal oor die foto sessies. Daar is vir my iets ongeloofliks om die kleine lyfies te kan vashou en vir ‘n gesin kosbare herinneringe vir altyd te kan vasvang.

Ek het Johan en Lee-Ann se maternity shoot gedoen en kon nie wag om hulle prinsessie te ontmoet nie. Lana is ‘n paar wekies te vroeg gebore en was soooo klein en fyn newborn gewees, ek het haar omtrent geniet! Sy was lekker nuuskierig gewees en wou aanvanklik niks weet van slapies nie {seker bang gewees sy mis uit op iets fun, hehe} Ons het haar aan die slaap gekry en ek kon die mooiste foto’tjies van haar geneem kry!

Geniet julle foto’tjies!

Die babatjies se veiligheid is vir my uiters belangrik. Ek is deel van INPA {International Newborn Photography Association} en sal altyd seker maak dat:

  1. Die studio is lekker verhit
  2. Ek los nooit die baba alleen in ‘n prop
  3. Die props waarin ek die baba’tjies sit is veilig {dit kan nie omtuimel of breek nie}
  4. Die baba le gemaklik
  5. Ek forseer nie die babatjie in enige pose nie. Elke baba is uniek en ek kyk waarmee die newborn gemaklik is en pas daarby aan.

KLIEK HIER OM JOU SHOOT TE BOEK

PS) Dit is ‘n goeie idee om terwyl jy swanger is solank jou newborn sessie te boek.