Karin, Leila & Granny – Garden Route Mommy & Me Shoot

Ek is gaande oor Mommy & Me sessies. Die tipe shoot is dalk een van daardie wat meeste dink nie top prioriteit is nie, maar ek dink dit is SOOOO belangrik! Dink net hoe gaan Leila die foto’s geniet as sy eendag ouer is!

Die sessie was alreeds geboek gewees toe ek die goeie nuus per epos kry dat Ouma ook deel van die shoot gaan wees. Hoe kosbaar is dit om 3 generasies by mekaar te kan he! Tyd is net geleen aan ons elke dag. Mens moet probeer om eenkeer ‘n jaar dit op die familie se prioriteitslys sit om foto’s te neem!

Ek is ‘n groot voorstaande van on location foto sessies. Ek sal sover ek kan altyd probeer om buite iewers te shoot. Daar is net soveel elemente waarmee mens kan werk om die foto sessie daardie ekstra “wow” faktor te gee. Ek is mal daaroor om met die beskikbare lig te speel. Soms kry mens daardie goue “look en feel” en ander kere skep bewolke weersomstandighede daardie regte dramatiese gevoel. Die natuur is amazing en ek is so bevoorreg om amper elke dag tyd daarin te kan spandeer.

Toe ek en Karin begin praat het oor ‘n location was dit sooooo moeilik om te kies. Daar is soveel opsies wat lekker kan werk en wat sulke mooi foto’s maak. Kleredrag, makeup, hare en location is uiters belangrik met elke foto sessie. Hoe meer moeite daar gedoen word met bogenoemde, hoe mooier kom die foto’s.

Karin, dit was so groot voorreg om die spesiale oomblikke vir julle te kon vasvang! Dit is ‘n voorreg om julle familie se foto’s te neem! Ek het elke oomblik daarvan so baie geniet!

Geniet julle foto’tjies!

Kliek hier om ‘n Mommy & Me sessie te boek =)