JP & Nadia

Maternity Shoot

Garden Route

“Hand in hand, you and me, today, tomorrow, forever…”

Ek is elke keer KINDERLIK opgewonde voor ‘n maternity shoot. Maternity shoots is vir my die bewys van nuwe lewe, van God se goedheid en dat ons ‘n LEWENDE God dien! Hoe amazing is dit dat hy elke liewe mens perfek en uniek geskape het. Ek is mal oor die volgende skrifvers: Psalm 139:13 “For you created my inmost being; you knit me together in my mother’s womb.”

Nog voor ons gebore is, het God alreeds ‘n plan met ons lewe. Hy weet wat ons purpose en destiny is. Hoe nader ons aan Hom beweeg, hoe meer sigbaar raak dit vir ons! Ouers het so groot verantwoordelikheid om hulle kinders so groot te maak dat hulle werklik ‘n LEWENDIGE verhouding met ons Skepper het!

Dit is een van die grootste seëninge om swanger te kan wees en daarom is dié shoots so spesiaal vir my! Die Garden Route is vol pragtige locations, maar ek het tog ‘n paar gunstelinge. Die is defnitief een van my top 5. Ek is gaande oor die location se diversiteit van rotse, die afgrond, fynbos en ‘n 180 grade uitsig oor die pragtige see.

Nadia en JP, dit was soooo lekker gewees om julle te ontmoet en af te neem… Julle is ‘n power couple en ek weet julle gaan amazing ouers wees! Dit was ‘n voorreg om julle maternity shoot te kon doen en ek is super opgewonde om julle prinsessie te ontmoet!

Geniet julle foto’tjies!

KLIEK HIER OM JOU FAMILIE FOTO SESSIE TE BOEK =)