Johannn & Marinell – Couple Shoot

Daar is min dinge so spesiaal soos ‘n couple shoot! Ek ken die twee pragtige mense al ‘n hele paar jaar. Dit was so groot voorreg toe Marinell my kontak en se hulle wil ‘n couple shoot by my doen. Marinell is self ‘n baie goeie fotograaf in Gauteng {gaan loer gerus na haar FB blad}. Julle twee is defnitief ‘n power couple en julle liefde vir mekaar straal na buite.. Mag julle vir altyd so verlief bly en Vader julle ryklik seen!

Dit het gesousreen die dag van hulle shoot, maar ons het besluit om steeds voluit te gaan vir die shoot en deur die reen te shoot.. Ons was papnat gereen en yskoud na die shoot, maaaar dit was verseker die moeite werd gewees! Dit was omtrent ‘n mission om foto’s geneem te kry tussendeur die reen op my lens en ook die erge sout van die see wat vasplak aan my lens.. maar ons het dit gemaak en dit was sooooveeel fun ten spyte van die aaklige weeromstandighede.

Dit was sooooo lekker en ‘n groot voorreg om die pragtige paartjie se foto’s by die see te kon neem, dankie dat julle my gevra het!

Makeup & hare:

Wilna Allpass – Professional Make-up Artist and Hair Stylist