Johan & Marcés

Garden Route

Engagement shoot | Western Cape | 23 February 2018
WOW, alles van die couple shoot was net sooooo mooi gewees!
Ephesians 4:2: “Be completely humble and gentle; be patient, bearing with one another in love.”
Wat ‘n BAIE lekker sessie met die twee pragtige verliefdes! =) Ek LOVE dit om te hoor hoe paartjies ontmoet het, wat hulle liefdes storie is, hoe hulle verloof geraak het en wat hulle toekomsplanne is… {ek dink ek is ‘n sucker for love!} Dit is soooo ongelooflik dat God vir elke paartjie ‘n spesiale en unieke liefdesverhaal skryf! Elke keer wat ek ‘n verlowing sessie doen besef ek net van voor af dat God ‘n lewende God is en dat Hy belangstel in die groot en klein details van ons hartbegeertes.
Marces se ring is besonders en het so mooi strorie agter dit! Daar is blaartjies langs die kant en dan een groot steen in die middel en twee kleiner steentjies langs dit. Die blaartjies simboliseer dat daar altyd seisoene in mens se lewe is. Winter {Wanneer dit dalk swaar  gaan} is nooit maklik nie maar daar is altyd die belofte van lente waar alles weer beter sal gaan. God is a faithful Father!
Julle twee is ‘n awesome couple, mag julle ALTYD so lief vir Vader bly en ek weet Hy gaan julle huwelik soooo baie seen!
Geniet julle foto’tjies! <3