Jacques & Johandie

Engagement Shoot

Garden Route | Knysna | Engagement

Wat ‘n awesome VERLOWING shoot met die super cool couple! Die weer was aaklig gewees en ons het tot nommer 99 gewik en weeg of ons moet aangaan met die shoot. Dit was tydens die ERGE brande hier in George en omgewind en die wind het STORMSTERK gewaai! Die wind was met tye so sterk gewees dat dit ons van balans af gewaai het! Johandie en Jacques was sooooveeeel pret gewees en nie die slegte weer of enige iets kon die twee keer om die shoot te geniet nie! Ons het omtrent uiterstes beleef die dag: STORMSTERK WIND, YSKOUE weer en MILJOENE trappe tot op die strand hehe… Ek het elke liewe oomblik van julle foto sessie sooo geniet en het lanklaas so baie gelag <3

Geniet julle foto’tjies en ek kan nie wag om julle troue af te neem nie <3

KLIEK HIER OM JOU FOTO SESSIE TE BOEK