Jacobs Family – Garden Route Photographer

Dit was soooo ‘n lekker Family Shoot op die gesin se plaas net buite George. Ons shoot het 2 keer vantevore uitgereën. Die keer het dit ons darm kans gegee om te kan shoot voor dit weer begin reen het. Ek was so bevoorreg om die gesin se maternity shoot en newborn shoot van hulle kleinste te kon doen. Dit is nou ‘n jaar later en ek kan nie glo hoe groot die kids geword het nie!

Ek voel regtig so bevoorreg om in die Garden Route soveel opsies van locations te kan he. Ons sit met pragtige groen plase, berge, die see, cityscapes en as mens net oor die berg ry die pragtige Karoo! Daar is soveel opsies om van te kies. Elke jaar se foto sessie kan uniek wees! Selfs ons strande lyk almal verskillend, so die opsies is eindeloos! =)

Daar is min dinge so awesome soos ‘n family shoot. Kleintjies raak so gou groot en mens sien duidelik ‘n verskil in selfs net 3 maande. EK is ‘n groot voorstaander om soveel as moontlik memories bymekaar te maak terwyl hulle klein is. Foto’s is al wat mens eendag oor het as herinnering van daardie spesiale baba/toddler fases.

Marlene Jacobs, dit was sooo voorreg om weer ‘n shoot vir julle te kon doen. Dit is so lekker om deel te kan wees van al julle mylpale.. julle is soooo amazing gesin! <3 Geniet julle foto’tjies!

“When you love what you have, you have everything you need!”

Kliek hier om jou foto sessie te bespreek =)