Hugo Family Shoot

Garden Route

Family shoot | Garden Route | 27 Oktober 2017 |

Ontmoet die pragtige Hugo gesin. Daar is iets besonders aan die strande in die Garden Route. Dit is nie orals in die land waar mens die ver uitgestrekte lang strande kry nie. Soos mens loop is daar orals sulke versteekte “secret spots” met die mooiste rotse wat net daardie ekstra “wow” faktor aan foto’s geen =)

Ek was soooo opgewonde toe die Hugo gesin by die strand aankom en hulle eersteling, hulle 4poot kind het saamgekom. Familie sessies is sommer ekstra kosbaar as die troeteldiere by is. Dit het die hele week gereen in George, maar die weer het darm vir ons so klein kansie gegee om te kon shoot. Dit was yskoud op die strand en dit het gevoel of ons neuse, ore en hande gaan vries. Selfs die koue kon ons nie keer om ‘n pret sessie te kon he! Die kids het die strand gate uit geniet en dit het bygedra tot pragtige oomblikke wat vir altyd vasgevang is.

Dit was so lekker om julle familie shoot te kon doen. Dankie dat julle my gevra het om vir julle herinneringe vir altyd vas te vang.

Geniet julle foto’tjies =)