Garden Route Family Photographer 

Greeff Family

Family shoot | Garden Route | 20 Februarie 2018 |

Ek het die pragtige couple ‘n paar jaar gelede ontmoet waar ons ‘n couple shoot op een van die pragtige strande in die Garden Route gedoen het. Dit was sooooo lekker gewees toe ek ‘n epos kry en hoor dat hulle nou ‘n gesin van 3 is en dat hulle weer Garden Route toe kom. Ons het besluit om nie weer ‘n strand shoot te doen nie. Dit is altyd lekker om elke keer iets anders te probeer doen. Ons is geseen met soveel mooi natuurtonele hier – strand, bos, veld, Karoo, wingerde, woud en dan ook mooi strate… =)

Die woud is vir my soooo mooi en skep ‘n totaal en ander gevoel op familie foto’s… dit is baie meer dramaties as bv. strand foto’s. Die weer was baie baie swaar gewees tydens ons foto sessie en die woud was nog donkerder en meer dramaties. Ons was nog besig met ons foto sessie toe ‘n bui reen uitgesak het. Ons het so paar minute nog in die reen geshoot en ons sessie darm kon klaarmaak. Julle is ‘n pragtige familie en dit was absoluut ‘n voorreg om julle 3 te kon afneem…

Geniet julle foto’tjies =)

Makeup: Leané du Preez