Chloe – 6 days old

Garden Route Newborn Photography

Kyk net die cute newborn – ontmoet vir Chloe =) Die shoot was die 3de een wat ek vir die gesin gedoen het vandat ek hulle ontmoet het. Dit is die grootste kompliment as ‘n gesin jou as fotograaf weer en weer boek. Dit is vir my soooo belangrik om ‘n pad met ‘n gesin te kan stap. Dankie dat julle my ondersteun in my journey van fotografie! Ek love dit om mylpale te kan afneem, sodat gesinne dit vir altyd kan koester.

Chloe was stroooopsoet gedurende haar sessie en het net wakker geword om te drink en dan weer verder geslapies =) Ek het omtrent lekker geshoot! Dit is so groot voorreg om die kleine lyfies op so jong ouderdom te kan afneem.

Dit was so amazing om die liefde tussen Jeanine en haar babatjie Chloe te kon beleef. Chloe se ouer sussie, Lily was ook by die foto sessie en ek kon sien dat sy alklaar so baie liefde het vir die klein prinsessie. Dit is altyd vir my so ongelooflik om te sien hoe die babatjies al van kleins af na hulle mamma en/of pappa lyk!

Newborn safety is vir my uiters belangrik. Ek is deel van INPA {International Newborn Photography Association} en sal altyd seker maak dat:

  1. Die studio is lekker verhit
  2. Ek los nooit die baba alleen in ‘n prop
  3. Die props waarin ek die baba’tjies sit is veilig {dit kan nie omtuimel of breek nie}
  4. Die baba le gemaklik
  5. Ek forseer nie die babatjie in enige pose nie. Elke baba is uniek en ek kyk waarmee die newborn gemaklik is en pas daarby aan.

Kliek hier om jou newborn foto sessie te boek =)