Chloe – 7 months – Sitter Shoot

Hoe cute is die sitter shoot?! Ek ken die gesin al ‘n geruime tydjie en het al ‘n hele paar shoots vir hulle gedoen. Ek was so bevoorreg om Lilly {Chloe se ouer sussie} se shoot ook te doen! Dit is so interessant om te sien hoe sterk die gene loop tussen die twee sussies! Dit is vir my soooo spesiaal om ‘n pad saam met ‘n gesin te kan stap en om hulle mylpale saam met hulle te vier en vir ewig op kamera vas te le!

Ek en Jeanine het paar maande voor die shoot begin brainstorm en het gedink dat die “little chef” theme baie cute sal wees vir Chloe.