Brian & Chantelle Maternity

Ons het die perfekste dag gehad om maternity foto’s te neem met DIE mooiste goue sonsondergang.

“For this child I prayed… and the Lord has granted the desires of my {HEART}” – 1 Samuel 1:25 <3

┬áBrian & Chantelle, dit was DIE grootste voorreg om julle foto sessie te kon doen! Ek is regtig ongelooflik geseend om saam met julle ‘n pad te kan stap en julle groot mylpale te kan afneem. Dit voel soos gister wat ek julle in Krust Cafe gekry het en julle die awesome nuus met my gedeel het! Nou is dit nog net 6 wekies tot baba Bernadette gebore word… =)

Die Garden Route het soveel mooi natuurtonele, dit is absoluut ‘n voorreg om hier ‘n fotograaf te kan wees! Dit is lekker om te kan kies tussen see, bos, woud, velde, cityscapes en as jy net oor die berg ry het jy die Karoo! Ons het besluit om tussen mooi bome en ‘n dam foto’s te neem {hulle is mal oor visvang so moes daardie tema ook inbring!}. Jesus het ons omtrent bederf met die lekkerste weer en ‘n pragtige goue sonsondergang! Chantelle, jy het pragtig gelyk en is sooooo ‘n mooi swanger mamma. Jy blom en dit is so lekker om te sien hoe gelukkig jy is. Dit is wonderlik as mens ‘n man gekry het wat jou op die hande dra – dit is so skaars! Julle liefde vir mekaar is ongelooflik en straal sommer na buite!

Ek weeeet julle gaan DIE ongelooflikste ouers wees en ek is saam met julle BAIE opgewonde vir haar koms! <3

Maternity Rok: Wondering Willow Prop Shop <3