Bernadette – Sitter Shoot

Hoe super cute is die sitter shoot! =) Ek was so bevoorreg om die couple se maternity shoot, Bernadette se newborn en nou ook haar “milestone sitter shoot” te doen. Die shoots is so na aan my hart en dit is amazing om te sien hoe ‘n baba’tjie groei, ontwikkel en persoonlikheid kry in so kort tydjie…. Ek kan nie glo hoe gou tyd verby gaan nie. Dit voel soos gister wat Bernadette nog ‘n newborn was..

Ek wil graag ‘n oomblik vat om te verduidelik wat ‘n “sitter” sessie is. Die sessies is gewoonlik wanneer ‘n baba tussen 6 tot 10 maande oud is en op hulle eie kan sit {net voor hulle kan begin loop}. Ouers boek gewoonlik ‘n newborn sessie, maar die lewe raak so gou besig dat die “sitter” tydperk soms gemis word. Na ‘n newborn shoot, is die “sitter” shoot die volgende tipe shoot wat ek sal aanbeveel.

Geniet julle foto’tjies!

Kliek hier om jou milestone sessie te boek:

https://laanephotography.co.za/bookings/