Arno & Tanya Maternity Shoot

Garden Route

Arno en Tanya se maternity shoot was verseker een van my lekkerste sessies in die Garden Route! Ek ken al vir Tanya ‘n hele paar jaar, daarom was dit EKSTRA spesiaal toe sy en haar manlief my vra om hulle maternity & newborn shoot te doen! Ek onthou nog goed die dag wat Tania vir my gese het sy is swanger! OPGEWONDE is ‘n understatement! =)

Daar is darm min dinge in die lewe so exciting soos nuwe lewe wat oppad is! God vertrou twee mense om ‘n kosbare mensie tot eer en verheeliking van Sy naam groot te maak. Sion is spesiaal vir JULLE gegee en ek weet julle gaan amazing ouers wees!

Ons het DIE perfekte dag gehad vir hulle maternity shoot. Dit het so gereen daardie week, maar die dag van hulle shoot was dit windstil, warm en ons het een van die mooiste sonondergange gehad! Die goue lig van hulle strand sessie was eenvoudig WOW! BLESSED BEYOND MEASURE! Ek het elke oomblik van die sessie so baie geniet! Tanya was soveel fun gewees en ‘n groot bok vir sport! As ek vir haar se om op ‘n rots te klim {ek het seker gemaak dit is nie onveilig vir haar of baba nie!} het sy nie tweekeer gedink nie!

Mans is nie altyd so keen vir foto’s neem nie, maar Arno het die wereld se geduld. Jy was regtig so ongelooflik op die shoot gewees! Jou liefde vir Tanya is merkwaardig en mag jy haar altyd so koester en liefhe soos ek op die shoot gesien het jy doen. Julle liefde vir mekaar is stralend en mag Jesus julle as gesin super baie seen! Ek kan nie wag om vir Sion te ontmoet nie!

Makeup: Wilna Allpass