Amieka: 9 days old

Garden Route Newborn Photographer

Ek is defnitief sooooo bevoorreg om die kleine newborn lyfies te kan ontmoet. Hoe jonger die babatjies is, hoe makliker is dit vir my om hulle af te neem. Ek verkies om die sessie binne die eerste 12 daggies vanaf geboorte te doen. Amieka was 6 daggies oud gewees en dit was ‘n fees om haar af te neem! Ek was so opgewonde toe ek hoor Amieka is gebore. Daar is net iets besonders daaraan {vir my} om dogtertjies af te neem.. Ek is mal daaroor om met kopbandjies, kant en alles wat sag en vroulik is te kan speel vir hulle sessies. Amieka was stroopsoet gewees en het omtrent deur haar hele sessie geslapies.

Elke baba het alreeds vanaf geboorte hulle eie “wil” en persoonlikheid. Sommige babas verkies om snoesig toegedraai te word, party hou niks van op hulle magie le nie, sommiges wil heeltyd gecuddle word en ander slaap dwarsdeur hulle sessies. Ek pas met elke sessie aan by die newborn en kyk wat die beste gaan werk by hom/haar.

Baie mamma’s sal wonder of dit regtig die moeite werd is om ‘n “newborn sessie” te doen. Dit is vir my ‘n defnitiewe JA! Ek sien die tipe sessies absoluut as ‘n belegging en nie ‘n uitgawe nie. Jy het net eenkeer in jou kind se hele lewe die kans om die spesiale en cute foto’tjies te neem.

Kliek hier om jou newborn sessie te boek =)