Couple shoot – Garden Route Photography

Dit was so lekker gewees om die pragtige couple se 6 jaar anniversary foto’s in die Garden Route te kon doen. Hulle is ouers van twee pragtige seuntjies. Hulle het die kinders by ouma en oupa gelos en weer kom “honeymoon” hou in die Garden Route. Dit is so oulike idee om elke jaar vir jou anniversary weer op honeymoon te gaan!

Dit is altyd belangrik om moeite te doen met kleredrag, makeup en hare – hoe meer moeite jy insit, hoe mooier gaan jou foto’s lyk! Kies ‘n kleur skema en probeer om in daardie kleur skema aan te trek sonder om presies dieselfde te lyk. Die couple het presies gedoen wat ek voorgestel het, en hulle foto’s spreek vanself!

Wat ‘n wonderlike idee om vir ‘n 6 jaar anniversary weer couple foto’s te neem… Dit lyk sowaar of hulle NET verloof geraak het! Dit is liefde soos DIE wat vir die wereld wys dat ware liefde nog bestaan <3

Ek het elke oomblik van die shoot sooooo geniet! Is die paartjie nie ongelooflik nie?! Alles van die sessie was net amazing gewees! Die location, die lig, die couple, die “spark” tussen hulle! Dit is met sessies soos DIE wat ek net weer besef hoekom ek LOVE wat ek doen!

Mag julle altyd so lief bly vir mekaar! Geniet julle foto’tjies! <3

–> View Full post