Eugene & Lolla – Cape Town Couple Shoot

Hoe oulik is die couple saam! Ek was erg uit my vel uit opgewonde vir die paartjie se sessie in die middestad van Kaapstad! Daar is natuurlik ‘n hele paar faktore wat mens in ag moet neem as jy in die stad wil shoot, maar dit is absoluut die moeite werd!

Ek het vir Lolla op Universiteit ontmoet. Ons was albei in dieselfde koshuis gewees en ook later saam op ons koshuis se Huis Kommittee raad. Dit was so lekker om weer vir Lolla {en haar awesome kere} na al die jare weer te kon sien! Eugene, jy doen verseker iets reg, want Lolla blom! Julle twee is gemaak vir mekaar en die liefde wat julle vir mekaar het straal absoluut na buite!

Dit was sooooo ‘n fun sessie! Selfs die uitdagings het telke male in lag uitbarstings ontaard. Ons het omtrent soos celebrities in die strate gevoel soos wat almal vir ons gekyk het! Julle was so amazing om af te neem, dankie vir die voorreg om julle liefde vir mekaar vir altyd te kon vasvang!

“Where the streets of the world meet the avenues of the mind…”

Makeup: Sunet Basson, haar makeup het beautiful gelyk!

–> View Full post